KWV se kishou-Sauvignon

Wines of the week No Comments »

deur Elona Hesseling

Sauvignon Blanc is nou maar eenmaal ʼn wêreld-wye sukses storie – van die Loire vallei en Bordeaux in Frankryk, Marlborough in Nieu-Seeland en basies alle ander wynproduserende lande tussen-in, met Suid-Afrika geen uitsondering.

Hoewel die kultivar soms gekritiseer word vir te hoë sure en min geure, is dit ʼn wyn wat steeds hoog aangeskrewe is deur elke Jan, Rap en Robert Parker. Een van die vele style van Sauvignon wat toenemend sukses behaal, is die Bordeaux-tipe – waar dit versny word met Sémillon en ʼn gedeelte daarvan gewoonlik met hout in kontak kom.

Die Mentors-reeks van KWV se nuwe oesjaar Sauvignon Blanc 2011 is juis só ʼn wyn, met net onder die 15% Sémillon bygevoeg en waarvan daardie gedeelte in ouer vate gegis is. Die druiwe is afkomstig van Stellenbosch, vanaf ʼn spesifieke ligging teen die Bottelary heuwels.

Hierdie wingerd is taamlik hoog en lewer ʼn wyn met ʼn intense  konsentrasie en vars suur. Vir dié wingerd was 2011 ook ʼn veel beter jaar as 2010 – ʼn jaar waartydens daar glad nie ʼn Mentors Sauvignon Blanc vrygestel is nie.

Vir ʼn kelder van KWV se grootte, is hierdie vlagskip-reeks ʼn ware skatkis van voortreflike wyne. Daar is slegs 2 700 liter van hierdie spesifieke wyn geproduseer, wat teen R120 ʼn bottel verkoop word. Dit is ʼn goed gebalanseerde wyn, met appelliefie, groen soetrissie, granadilla en blomagtige geure, ʼn heerlike mineraliteit en delikate, dog vol struktuur.

Tydens middagete by Laborie se Harvest restaurant het bekende chef Matthew Gordon die vorige 2009-oesjaar met sy spesialis gereg, gerookte plaaslike forel, voorgesit. Hierdie wyn is steeds wonderlik vars en geurig en het met die kos tot sy volle reg gekom, moontlik ʼn voorskou van die verouderings potensiaal van die 2011.

Understated, underrated and unfiltered

Reviews 2 Comments »

by Edo Heyns

There are many advantages to sharing a house with the assistant food editor of one of the top women’s magazines in South Africa. They include cupcakes, cookies, cheeses, pudding, fudge, tarts, stews and – for dinner last night – a fantastic trout, with several half bottle samples from Fleur du Cap.

As someone with a particular appreciation for noble late harvest wines, I’ve always been a fan of Fleur du Cap. And while their Unfiltered Collection has never disappointed, last night some of these wines blew me away!

It’s  no secret that the 2009 vintage was a stunner. Those in the know would also tell you that these wines need a few years’ maturation, to reach their full potential – particularly the whites. To keep this post at a reasonable blog length, I’ll elaborate only about my highlight of the evening – the Unfiltered Sémillon 2009.

The samples served for dinner were opened during lunch yesterday and were all from the 2009 vintage. I think this accidental decanting was definitely beneficial – particularly in the case of the Sémillon.

This wine shone with restrained elegance, beautifully complementing the trout, with crisp acidity and freshness. Along with this, it hinted of subtle maturation through a typical Sémillon waxiness. Despite being open for a while and facing the elements of a boot decantation, the wine clearly boasted the legs to carry it for years to come.

At 13.5% alcohol, it is also not as plump and clumsy as some of the better known wooded versions, with clean fruitiness and a crisp minerality rather takingcentre stage.

Fleur du Cap’s home, the Bergkelder, is no small winery and white winemaker (no racism intended), Pieter Badenhorst has the privilege and advantage of working with hundreds of vineyards, scooping off the cream for the Unfiltered Collection.

The wines are pretty well priced as well and I wouldn’t hesitate to fork out R95 for a bottle – particularly because I don’t have to pay for cupcakes, cookies, cheeses, pudding, fudge, tarts, stews and the occasional trout.

’n Shiraz vir elke smaak – en beursie

Reviews, Wines of the week No Comments »

deur Edo Heyns

Gistermiddag was ek by ’n proe waar die begroting van die wyne oorskry is om ’n spesiale wyn te koop. Wynpryse was toe in die kollig, aangesien die verskil tussen die goedkoopste en duurste wyn ’n paar honderd rand was.

Een van die waarde-vir-geld nommers het verras deur uit te staan in uitgelese en veel duurder geselskap. Hartenberg se The Doorkeeper Shiraz 2010 kos ’n skamele R70, maar het die guts van iets wat jou gewoonlik heelwat meer uit die sak jaag.

Dit beïndruk onmiddellik met ’n diep, intense pers-swart kleur en ’n neus van donker vrug en speserye, maar kom veral op die palet tot sy reg. Hier is die konsentrasie van vrugtegeur en goeie struktuur besonders opvallend, met ’n kompleksiteit van donkersjokolade.

Hartenberg het oor die jare sy plek ingeneem as Stellenbosch se Shiraz-spesialis en spog nou met vier van hierdie wyne – wat elkeen ’n unieke styl ten toon stel.

Die vlagskip Gravel Hill 2007 verweef op ’n unieke manier elegansie en brute Shiraz-krag, maar het ’n ewe kragtige prys van R675.

Hul bekende The Stork Shiraz 2007 herinner aan die Aussie speserybomme en troon ook gereeld uit in kompetisies. Hierdie een kos R380 – ook nie kleingeld nie.

Die ‘standaard’ Hartenberg Shiraz is alles behalwe ’n standaard wyn en is die mees vrugtige van die lot – met veral sappige moerbei gewoonlik aan die voortou. Die 2007-oesjaar word tans verkoop.

Dit is ’n ervaring om hierdie wyne langs mekaar te proe, maar een wat ook die gemiddelde wynproeër se begroting oorskry. Die Stork en Gravel Hill word net op spesiale versoek by die proelokaal oopgemaak, maar al die wyne behoort ook hul verskyning te maak by Hartenberg se Shiraz & Charcuterie-fees, wat 2 Junie by hierdie plaas aangebied word.

Entries RSS Comments RSS Log in