It’s the WWWeekend!

Uncategorized, Wines of the week No Comments »

My wyn van die week

Die dokter het gepraat!

deur Elona Nel

Dit is nou die Kaapse dokter, die geliefde suid-oostelike wind wat in die somer vanaf Valsbaai waai en wynmakers van oor tot oor laat glimlag. Tydens hierdie maand se Nuwewyn proe het Journey’s End se nuutste bries, The Cape Doctor Cabernet Sauvignon 2007, in my glas beland.

Dié nuwe vlagskip wyn, wat net in die beste jare geproduseer word, is die toonbeeld van elegansie en statuur en slegs 12 vate is daarvan gemaak. Dit is ʼn uitstekende voorbeeld van ʼn Cabernet Sauvignon, met kurwes op al die regte plekke. En alhoewel dit 22 maande in eikehout-vate spandeer het, speel die hout ʼn ondersteunende en nie oorweldigende rol nie.

Op die neus beïndruk geure van kruisement en soetrissie, gevolg deur swartbessies en potlood vylsels – met elke neus-vol kom ʼn nuwe geur na vore. Die kompleksiteit duur voort op die palet, waar sagte kruie en speserye soepel en sag met die vrug-element geïntegreer is. Dit eindig vol en vrugtig, met ʼn goeie, sagte struktuur en relatiewe lae alkohol van 13.5%.

Of die professor in Connecticut nou die navorsing wat dui op die gesondheidsvoordele van rooiwyn uit sy duim gesuig het of nie, is ek seker dat hierdie wyn enige skete of kwale sal kan reg dokter.

Lady Amalie – a worthy gamble

Uncategorized, Wine Styles No Comments »

by Elona Nel

 

When companies merge, there is often referred to the 1 + 1 = 3 principle and this also applies when ‘merging’ different batches of wine. The blending process is always a gamble – putting the winemaker’s palate, creativity and gutsiness to the test.

Wooded white blends in South Africa are usually high scorers and although mostly voluptuous and daring, there are many fresh and more restraint examples. The Amalie 2010 from Franschhoek’s Solms-Delta is quite a fair lady, with a blend of Viognier, Roussanne and Grenache Blanc, selling at R110 per bottle.

It is relatively light in colour with a slight green tinge. The nose is fresh, with floral, orange blossom, white peach and spicy flavours. The palate is creamy but clean, with prominent spicy, nutty and floral characteristics – intertwined to give a refreshing, yet enticing mouth feel.

The Swartland is comparatively commonly known for its maverick winemakers, creating risky but intriguing white blends, usually based on those of the Rhône. These are recognised for their somewhat oxidative characters, with a magnitude of weird, yet wonderful cultivars in the mix.

Lady Amalie is possibly not as ‘out there’ as the so-called maverick white blends and is stylistically similar to the wines of the Northern Rhône – specifically Condrieu and Château-Grillet. Viognier is often criticised  for being overpowering, sharp, robust and alcoholic, yet it can produce complex and unique wines when made well and blended with the right partner.

Roussanne and Grenache Blanc, as with their role in producing the Chateauneuf-du-Pape white wines of Southern Rhône, contribute a fruitiness and minerality to the wine. Used at 33% and 19% respectively in the Amalie, they were blended with the spicy Viognier, combining old tradition and modern winemaking to produce something very different – a successful merger, well worth a bet.

Wyntoer soos ’n Valie

Out and About, Uncategorized 4 Comments »

Dis anders om ’n wyntoer te doen saam met iemand wat nie elke dag in die wynlande rondry nie. Hulle sien ander dinge raak, vra ander vrae en merk goed op waaraan ons bedorwe Kapenaars reeds gewoond is.

Ek het oor die Desember vakansie in die Boland rondgetoer saam met my gunsteling noordelike stedeling en die geleentheid gehad om die hele proe-ervaring soos ’n toeris te beleef.

’n Ander groot verskil tussen die vakansiegangers se wyntoere en ons locals se retoere verby wynplase oppad na ’n braai, is dat die indruk wat plase op die besoeker maak, waarskynlik sy of haar wynverkope vir daardie hele jaar gaan beïnvloed. En dat die indrukke (goed of sleg) wat gemaak is nie sommer gou weer deur ’n volgende besoek verander gaan word nie.

Hier onder volg die laagtepunt en hoogtepunt van drie dae se kyk, ruik en spoeg (soms).

Hoe om nie ’n proe aan te bied nie

Edo: “Goeiemiddag.”

Die gesig van spog Franschhoek kelder: ”Tasting for two?”

Edo: “Dit gaan goed dankie.”

Die gesig van spog Franschhoek kelder: “Binne of buite?”

Edo: “Binne, dankie.”

Neem plekke in en wag 10 minute.

Die gesig van spog Franschhoek kelder plak ’n wynlys voor ons neer.

“Daar is net vyf wyne oop vandag. Hulle is gemerk op die lys.”

Edo: “Ons is eintlik hier vir die Syrah. Is daar nie ’n moontlikheid dat ons dit kan proe nie?”

Die gesig van spog Franschhoek kelder: “Ongelukkig nie. Ons maak net vyf wyne oop en vandag is die Cab van ons vlagskip-reeks oopgemaak. Ek bring vir julle van ons Krimpvarkie (skuilnaam) Sauvignon Blanc.”

Glase word geskink. Kyk, ruik, spoeg. Wag nog 10 minute.

Die gesig van spog Franschhoek kelder: “Die volgende wyne is van ons Wolfhond (skuilnaam) reeks, ek skink solank die wit.”

Glase word geskink. Kyk, ruik, spoeg. Duik amper die gesig van spog Franschhoek kelder om toe hy verby loop, voordat ons  nog 10 minute
wag.

Edo: “Kan ons moontlik skip tot die Caramel Block (skuilnaam)? Ons is ongelukkig gedruk vir tyd (en geduld).”

Die gesig van spog Franschhoek kelder deel die laaste 10 ml in die bottel op tussen 2 glase.

“Ons maak beperkte voorraad hiervan.”

Edo: “Daar staan op die bottel hoeveel julle maak. Dis nie meer min nie.”

Stilte.

Wag nog 10 minute. Staan op en loop. Nie eers die heilige vlagskip sal nou meer lekker proe nie …

’n Trotse toonbeeld van briljantheid

La Motte was die algehele Suid-Afrikaanse wenner van die Great Wine Capitals (GWC) Best Of Wine Tourism Awards vir 2012 en het om hierdie rede ’n deel uitgemaak van my beplande roete. Dié spogplaas het absoluut bevestig dat dit hierdie toekenning verdien en veral die aandag wat aan fyner besonderhede gegee word, is iets wat ander kelders gerus aan kan aandag gee.

’n Voorbeeld hiervan was ’n varsgebakte broodjie wat saam met die wyne bedien word, eerder as die gebruiklike crackers. Die broodjie was nie ’n botter bom wat jou palet gaan omkrap of die aandag van die wyn sal af trek nie, maar ’n waardevolle toevoeging tot die algehele proe-ervaring.

Ander soortgelyke voorbeelde van spesiale touches is die kwaliteit van die glase waaruit mens proe, asook die netjiese voorkoms en onberispelike etiket van die personeel.

Soos wat mens kan aflei van die bogenoemde laagtepunt, het ek ’n broertjie dood aan proelokaal personeel, wat jou verwelkom deur A) Vir jou te noem dat jy net 5 wyne mag proe of B) dadelik aan te dui hoeveel dit kos om te proe.

Die kêrel wat ons bedien het, ene Janré, het begin deur homself voor te stel en op ’n subtiele en gesellige manier dit duidelik laat oorkom dat hy baie trots is om by La Motte te werk en dit boonop geniet.

Daar is diegene wat reken dat alle studente pas uit ’n naghool gekruip het en net by proelokale werk om skelm te drink, maar ek was self een van hierdie sogenaamde opportunistiese booswigte en geniet oor die algemeen die lewe wat hulle tot ’n proelokaal bydra.

By La Motte was die meeste van die proelokaal span op die oog af studente en mens kon hulle regtig almal deur ’n ring trek. Janré se beskrywings van die wyne was ’n goeie balans tussen dit wat hy van die proenotas af memoriseer en ’n oorspronklike bydrae, wat sy persoonlike mening van die wyn asook algemene terugvoer wat hy van besoekers ontvang, insluit.

Ek erken dat ek miskien ’n handvol kan wees as ’n kliënt – nie almal het drie glase nodig om die verskillende Shiraz-wyne en -versnitte te
vergelyk nie – maar by la Motte was hierdie versoeke gemaklik nagekom, sonder om dit te laat blyk asof hulle my ’n reuse guns doen.

Vir sulke goeie diens sal min mense kla oor ’n fooi van R30 en as jy wyn koop word hierdie ook gelas. (Hierdie slinkse opportunis het dus ’n bottel Sauvignon Blanc gekoop teen R60 om ons proefooi uit te skakel …) Al die wyne behalwe die Hanneli R, wat R807 kos, is beskikbaar om te proe en dit sluit ook die vlagskip Pierneef-reeks in.

Mens kan nie anders as om by La Motte weg te stap as ’n ambassadeur van dié plaas nie. Dit is duidelik dat daar heelwat geld spandeer is om die wêreldklas fasiliteite op te rig, maar die waarde van kliënte-ervarings moet ook nie onderskat word nie.

Entries RSS Comments RSS Log in