Wyntoer soos ’n Valie

Out and About, Uncategorized 4 Comments »

Dis anders om ’n wyntoer te doen saam met iemand wat nie elke dag in die wynlande rondry nie. Hulle sien ander dinge raak, vra ander vrae en merk goed op waaraan ons bedorwe Kapenaars reeds gewoond is.

Ek het oor die Desember vakansie in die Boland rondgetoer saam met my gunsteling noordelike stedeling en die geleentheid gehad om die hele proe-ervaring soos ’n toeris te beleef.

’n Ander groot verskil tussen die vakansiegangers se wyntoere en ons locals se retoere verby wynplase oppad na ’n braai, is dat die indruk wat plase op die besoeker maak, waarskynlik sy of haar wynverkope vir daardie hele jaar gaan beïnvloed. En dat die indrukke (goed of sleg) wat gemaak is nie sommer gou weer deur ’n volgende besoek verander gaan word nie.

Hier onder volg die laagtepunt en hoogtepunt van drie dae se kyk, ruik en spoeg (soms).

Hoe om nie ’n proe aan te bied nie

Edo: “Goeiemiddag.”

Die gesig van spog Franschhoek kelder: ”Tasting for two?”

Edo: “Dit gaan goed dankie.”

Die gesig van spog Franschhoek kelder: “Binne of buite?”

Edo: “Binne, dankie.”

Neem plekke in en wag 10 minute.

Die gesig van spog Franschhoek kelder plak ’n wynlys voor ons neer.

“Daar is net vyf wyne oop vandag. Hulle is gemerk op die lys.”

Edo: “Ons is eintlik hier vir die Syrah. Is daar nie ’n moontlikheid dat ons dit kan proe nie?”

Die gesig van spog Franschhoek kelder: “Ongelukkig nie. Ons maak net vyf wyne oop en vandag is die Cab van ons vlagskip-reeks oopgemaak. Ek bring vir julle van ons Krimpvarkie (skuilnaam) Sauvignon Blanc.”

Glase word geskink. Kyk, ruik, spoeg. Wag nog 10 minute.

Die gesig van spog Franschhoek kelder: “Die volgende wyne is van ons Wolfhond (skuilnaam) reeks, ek skink solank die wit.”

Glase word geskink. Kyk, ruik, spoeg. Duik amper die gesig van spog Franschhoek kelder om toe hy verby loop, voordat ons  nog 10 minute
wag.

Edo: “Kan ons moontlik skip tot die Caramel Block (skuilnaam)? Ons is ongelukkig gedruk vir tyd (en geduld).”

Die gesig van spog Franschhoek kelder deel die laaste 10 ml in die bottel op tussen 2 glase.

“Ons maak beperkte voorraad hiervan.”

Edo: “Daar staan op die bottel hoeveel julle maak. Dis nie meer min nie.”

Stilte.

Wag nog 10 minute. Staan op en loop. Nie eers die heilige vlagskip sal nou meer lekker proe nie …

’n Trotse toonbeeld van briljantheid

La Motte was die algehele Suid-Afrikaanse wenner van die Great Wine Capitals (GWC) Best Of Wine Tourism Awards vir 2012 en het om hierdie rede ’n deel uitgemaak van my beplande roete. Dié spogplaas het absoluut bevestig dat dit hierdie toekenning verdien en veral die aandag wat aan fyner besonderhede gegee word, is iets wat ander kelders gerus aan kan aandag gee.

’n Voorbeeld hiervan was ’n varsgebakte broodjie wat saam met die wyne bedien word, eerder as die gebruiklike crackers. Die broodjie was nie ’n botter bom wat jou palet gaan omkrap of die aandag van die wyn sal af trek nie, maar ’n waardevolle toevoeging tot die algehele proe-ervaring.

Ander soortgelyke voorbeelde van spesiale touches is die kwaliteit van die glase waaruit mens proe, asook die netjiese voorkoms en onberispelike etiket van die personeel.

Soos wat mens kan aflei van die bogenoemde laagtepunt, het ek ’n broertjie dood aan proelokaal personeel, wat jou verwelkom deur A) Vir jou te noem dat jy net 5 wyne mag proe of B) dadelik aan te dui hoeveel dit kos om te proe.

Die kêrel wat ons bedien het, ene Janré, het begin deur homself voor te stel en op ’n subtiele en gesellige manier dit duidelik laat oorkom dat hy baie trots is om by La Motte te werk en dit boonop geniet.

Daar is diegene wat reken dat alle studente pas uit ’n naghool gekruip het en net by proelokale werk om skelm te drink, maar ek was self een van hierdie sogenaamde opportunistiese booswigte en geniet oor die algemeen die lewe wat hulle tot ’n proelokaal bydra.

By La Motte was die meeste van die proelokaal span op die oog af studente en mens kon hulle regtig almal deur ’n ring trek. Janré se beskrywings van die wyne was ’n goeie balans tussen dit wat hy van die proenotas af memoriseer en ’n oorspronklike bydrae, wat sy persoonlike mening van die wyn asook algemene terugvoer wat hy van besoekers ontvang, insluit.

Ek erken dat ek miskien ’n handvol kan wees as ’n kliënt – nie almal het drie glase nodig om die verskillende Shiraz-wyne en -versnitte te
vergelyk nie – maar by la Motte was hierdie versoeke gemaklik nagekom, sonder om dit te laat blyk asof hulle my ’n reuse guns doen.

Vir sulke goeie diens sal min mense kla oor ’n fooi van R30 en as jy wyn koop word hierdie ook gelas. (Hierdie slinkse opportunis het dus ’n bottel Sauvignon Blanc gekoop teen R60 om ons proefooi uit te skakel …) Al die wyne behalwe die Hanneli R, wat R807 kos, is beskikbaar om te proe en dit sluit ook die vlagskip Pierneef-reeks in.

Mens kan nie anders as om by La Motte weg te stap as ’n ambassadeur van dié plaas nie. Dit is duidelik dat daar heelwat geld spandeer is om die wêreldklas fasiliteite op te rig, maar die waarde van kliënte-ervarings moet ook nie onderskat word nie.

Spar speel nie rond nie

Celebrations, Uncategorized, Wine Styles No Comments »

deur Edo Heyns

Met meer as 500 Tops at Spar takke landswyd is hierdie die grootste drankwinkel-groep in die land. Dit is waarskynlik hoekom die jaarlikse kolossale Spar media middagete ook een van die grootste geleenthede op die wynmedia-kalender is – veral wat porsies betref!

Ek het twee jaar gelede vir die eerste keer die tog na Ritrovo Restaurant in Waterkloof Hoogte aangepak en vanjaar voorbereid opgedaag vir hierdie ses-gang maaltyd. Want kyk, dit word sterk aanbeveel om liewers die SAL-ontbyt ’n mis te gee, om plek te hou vir die hedonisme wat voorlê.

Sjef  Fortunato Mazzone is Italiaans in murg en been en die kos wat hy voorsit is so ryk en opvallend soos sy stem en persoonlikheid. Met salm, tuna, wildsfillet en ’n stuk foie gras wat jou lewer verewig sal onthou – alles in een middagete – is hierdie nie ’n liggewig geveg nie! ’n Hoogtepunt van die Ritrovo-ervaring is ’n tenoor nagereg uitvoering deur Forti self. (Sien gerus die video en verskoon die kwaliteit – as almal sit kan almal sien…)


YouTube Direkt

Wat die wyne betref, hou die Spar-Groep ook nie terug nie. Wynkonsultant Tinus van Niekerk het van die land se voorste wynmakers betrek om dié winkelgroep se Olive Brook-wyne te produseer en  daar is heelwat meer omtrent hierdie wyne as wat die ietwat oudedoos verpakking laat blyk.

Kleine Zalze se Johan Joubert is betrokke by die maak van die Sauvignon Blanc, sowel as die vlagskip wit Bordeaux-styl versnit, die Geminus 2010. Laasgenoemde was my gunsteling witwyn in die reeks – dit het 15 maande in Franse eik spandeer en het bene om ’n hele paar jaar in die bottel te verouder. Dié komplekse versnit van Sauvignon Blanc (52%) en Sémillon (48%) het ’n verfrissende suur en heelwat lemmetjiegeure, terwyl die hout sorg vir ’n vol mondgevoel en speseryagtige kompleksiteit.

Tinus van Niekerk, Etienne le Riche, Johan Joubert and Fortunato Mazzone

Suid-Afrika se Cabernet-meester, Etienne le Riche, se hand wys duidelik in die 2011 Quintette, wat eers later in die mark uitgereik sal word.
Hoewel steeds baie jonk, toon die wyn merkwaardige finesse en elegansie. Petit Verdot beslaan die grootste gedeelte van hierdie Bordeaux-versnit en met ’n tipiese inkswart kleur en indrukwekkende struktuur, is hierdie verseker ’n wyn om voor uit te kyk.

My hoogtepunt van die wyne was egter ’n 2010 Pinot Noir/Chardonnay versnit wat soos die enkel-variëteit Chardonnay by De Wetshof geproduseer is. Dit is waarskynlik omdat dié wyn in foie gras-ryk geselskap gedrink was, maar dit is ’n vars en verfrissende kelkie soos min!

Die Pinot Noir komponent, wat die grootste deel van die versnit uitmaak, is in hout verouder.  Delikate aarbeigeure is opvallend, terwyl die aardse geure van Pinot Noir ook sterk deurkom. Die wyn verkoop teen R59,95 en is duidelik geposisioneer om heelwat meer as ’n liggewig rosé te wees. Dit kom egter nie as ’n verrassing nie, want kyk, of dit nou kom by wynverkope, rosé of middagete – hierdie ouens speel nie rond nie!

Sifting through Veritas Gold

Competitions, Uncategorized 1 Comment »

By Edo Heyns

A tasting of 200 top wines requires strategy. Rather than masterfully spitting out every last drop and tasting every single wine, but still leaving tipsy, I prefer to choose the wines I want to taste beforehand – and perhaps even sip the best ones …

This was exactly the case at the annual Veritas Tasting of the gold (158) and double gold (42) wines in Cape Town last night. My strategy for this event was to taste the unusual oddities first and then go for the ones that were recommended along the way. Fortunately less visitors than previous years meant that picky tasting could be done with little or no queuing.

Any rosé that wins a gold at Veritas, deserves to be mentioned and tasted. The De Grendel 2011 was the only one that managed this feat and deservedly so – the wine is fresh, upfront and generously fruity. It’s not only a pink that stands out in a line-up, but could easily substitute a serious white wine,  particularly with food.

And speaking of food-wines, Jordan’s The Outlier – a double gold winning wooded Sauvignon Blanc – impresses more every time I taste it. Two wooded Sauvignons – Nederburg 2 Centuries and Neil Ellis Vineyard Selection – won gold, suggesting that some big guns are having a go at this underrated style.

Riesling is seemingly also starting its long awaited renaissance, with Howard Booysen’s HB Weisser Riesling 2010 and Hartenberg’s 2009 both winning golds.

When it comes to rarity, few wines can compare with the magnificent KWV museum diehards. The biggest fuss was about KWV’s 1930 Muscadel LBV, but my personal favourite was rather their 1973 Hanepoot Jerepiko. Sadly, neither of these are still available at the KWV Emporium.

Interestingly, one of the wines that attracted the most attention was the Merwida Sauvignon Blanc 2010, which won a gold, along with wines from significantly cooler origins. Cellarmaster Magnus Kriel explained that the grapes came from a lower yielding vineyard and that he applied some “cellar tricks”. The latter doesn’t take anything away from the fact that it’s a beautiful bargain at R35. And it’s still available at the cellardoor.

Entries RSS Comments RSS Log in