deur Elona Nel
Hierdie Fairtrade trofeë is deur Pick n Pay daargestel, met die doel om dié inisiatief te beklemtoon en produsente te motiveer om deel daarvan te word. In terme van markwaarde, vertel Michelangelo-direkteur Lorraine Immelman dat daar in 2010 ongeveer 4 miljoen plakkers verkoop is – “’n bewys dat dit ʼn belangrike bemarkingsvoordeel aan kelders gee en wel wyn verkoop”.
Shiraz was vanjaar vir die derde opeenvolgende jaar die mees populêre rooiwynkategorie, met veral die 2009-oesjaar wat beïndruk het. Die jonger oesjare wys volgens die beoordelaars nie genoeg variëteitskarakter nie, maar hierdie kategorie het nietemin twee Grand D’Or medaljes verower. Cabernet Sauvignon het egter geen ontvang nie, ten spyte daarvan dat dit die tweede hoogste inskrywingsgetal by rooiwyn gelok het. Volgens beoordelaars was Cabernet se 2009- en 2010-oesjare goed en gekonsentreerd, maar was die 2008 soms “te groen en dun”.
Die rooi versnitte het gemengde gevoelens uitgelok, met die Bordeaux-styl wat volgens beoordelaars nie merkwaardig was nie, terwyl die Kaapse-versnitte meer belowende wyne gelewer het. Pinotage het weer eens goed vertoon en het vyf Grand D’Or medaljes ontvang uit die 100 inskrywings. Chardonnay het sommige “groener” voorbeelde opgelewer, met Sauvignon Blanc wat ʼn rekordgetal inskrywings ontvang het. Hoewel sommige Chenin Blancs te veel hout vertoon het, was daar egter ʼn goeie verskeidenheid style.
Volgens tegniese direkteur en beoordelaar, Sue van Wyk, het die soetwyne en gefortifiseerde wyne ook baie goed gevaar – hulle is as uniek en mooi beskryf, met vele Grand D’Or en goue medaljes wat aan wyne in hierdie kategorieë toegeken is.
Die 2011 trofee-wenners:
CCL Label Grand Prix: Journey’s End Chardonnay 2010
Grotto Top Produsent: Journey’s End
RX South Africa Mees Innoverende Wyn op Skou: Blaauwklippen Before & After
Organiese Trofee: Laibach Woolworths Merlot 2010
Good Taste Garagiste: Dispore Kamma Syrah 2008
Sue van Wyk Pinotage Trofee: Diemersdal Pinotage Reserve 2010
Tonelería Magrenan Brandewyn: Van Ryn’s 20 Year Collector’s Reserve
Golden Oldie: Rietvallei Muscadel 1980
Dessertwyn: KWV Likeurwyn 1937
Beste Internasionale Inskrywing: Viña Concha y Toro SA Marques de Casa Concha Merlot 2009
Beste Fairtrade Rooiwyn: Stellenrust Timeless Red Blend 2008
Beste Fairtrade Witwyn: Bosman Family Vineyards Sur Lie Chenin Blanc 2011.




Recent Comments