It’s the WWWeekend!

Reviews No Comments »

Our wines of the week

Into the Wild

by Edo Heyns

A good Sauvignon Blanc shows impressive, fresh varietal character on the nose and complexity on the palate, with a weighty and broad full mouth feel. A brilliant Sauvignon Blanc magnifies all these attributes after a few years in the bottle.

The De Grendel Koetshuis Sauvignon Blanc 2009 was a good example of the latter. When it first came out, it made a statement with its outspokenness, recognisable green character and boisterous personality. Now it has significant complexity, depth and remarkable elegance for the varietal.

During a recent visit to De Grendel marketing manager, Righard Theron, pulled out one of these sticker graffiti numbers for an eager wine geek audience. And boy, it didn’t disappoint!

Weird as it might sound, it reminded me of Eddie Vedder’s Into The Wild Album – Pearl Jam intensity and passion, minus the aggression of his earlier music.

The 2009 is sold out (no surprises there!) but the 2011 is available at the cellardoor for R85 per bottle.

  

Sjiek Chardonnay

deur Elona Nel

ʼn Gehoute Chardonnay kan tog so maklik oordadig wees, waar die vrug en varsheid verdwyn onder die aanslae van die eik. Tydens ʼn onlangse WatterWyn-proe is ʼn verskeidenheid wyne vanaf Woolworths se reeks beoordeel – die Danie de Wet Chardonnay Reserve 2009 van hierdie winkelgroep is egter nié daaraan skuldig om ʼn klappie te veel hout weg te hê nie.

Die wyn is tog romerig en vol, maar met sagte geure van perskes en sitrus wat goed afgerond en gebalanseerd is. Die hout is mooi geïntegreerd en daar is intense lae vrugtegeure en ʼn indrukwekkende varsheid. Volgens De Wetshof bemarker Bennie Stipp, was 2009 – soos in die grootste gedeelte van die wynland – ʼn uitsonderlike jaar en wys die wyn veral nou goed na ʼn paar jaar in die bottel.

Die druiwe kom vanaf verskillende blokke, geplant met verskillende Chardonnay-klone, teen ʼn helling op klipperige grond in Robertson. Dit word vir 12 maande in Franse eikehout gegis, waarna die versnit saam met Woolworths se Allan Mullins en Ivan Oertle saamgestel word.

Hierdie wyn is die beste van twee wêrelde met die ryk, romerige volheid wat elegant afgerond word deur sy vars vrugtigheid. Klein hoeveelhede word geproduseer, spesifiek vir Woolworths se teikenmark, en dit verkoop teen R109,95.

 

Pienk, pienker … neon?

Trends No Comments »

deur Elona Nel

“We don’t drink pink drinks,” is lankal by die deur uit en die groeiende populariteit van Rosé-wyne bied ʼn alternatiewe uitkomste vir beide verbruikers en produsente. Hierdie pienk nommers ontpop om elke hoek en draai en tydens ons Nuwewyn proe gister blyk dit al hoe duideliker dat hierdie wyne se name ook net so vreemd raak soos die Hollywood-sterre se kroos.

Die naam onder bespreking is Slaley se ligte, prettige reeks genaamd Lindsay’s Whimsy, wat uit ʼn Kaapse-vernit en Rosé bestaan. Hierdie 2010 Rosé is gemaak van Shiraz en het ʼn vreemde koperagtige pienk kleur wat op die neus beaam word deur effense oksidatiewe geure. Hoewel daar ook bessie en Turkse lekker geure waargeneem kan word, is die wyn taamlik een dimensioneel en flabby.

Dit is wel in ʼn eiesoortige styl gemaak, maar die kwessie van kleur is nie uniek aan hierdie wyn nie. Tydens ʼn vorige proe was die glimmende diep-pienk kleur van Durbanville Hills se nuwe Merlot Rosé onder die hamer. Bernard le Roux van Noble Hill beskryf die stoplig-rooi kleur van hierdie wyn:

Video: Durbanville Hills se \”rave-pienk\” Rosé

Een van die beter weergawes van dié wyne, maar met ʼn kleur wat deur Platter’s se proeër as “Disney pink” beskryf word, is die Rickety Bridge 2010. Kleur is egter iets wat nie noodwendig beheer kan word nie en met die sterk winde wat aan die einde van 2009 ervaar is, het vele van die 2010 pink ladies ʼn dieper kleur as gevolg van druiwe korrels met dikker doppe.

Hoewel Rosé baie maal as ʼn partytjie-wyn beskou word (en soms tereg so, as daar na die soeter, rooi-koeldrank weergawes gekyk word), is daar wel ʼn toenemende hoeveelheid ernstiger, droë en interessante opsies wat steeds baie bekostigbaar is –  Diemersdal, De Meye, De Grendel en Solms Delta se Lekkerwijn is almal goeie voorbeelde.

ʼn Ander uniekheid en onderskeidende faktor in ʼn mark met groeiende kompetisie wêreldwyd, is die keuse van kultivar. Shiraz, Merlot, Pinotage en Cabernet Sauvignon, sowel as ʼn verskeidenheid kombinasies, is baie gewilde, dog effe voorspelbare keuses. Ander kombinasies soos die Meditereense-trio van Grenache, Mourvèdre en Viognier word ook soms suksesvol saam gebruik. Menigte male word wit kultivar wyne in die versnitte gebruik, onder meer Sauvignon Blanc, Chenin Blanc en Viognier.

Om te hout, of nie te hout nie is ʼn verdere vraagstuk, waar dit per slot van rekening natuurlik weer die wyn se prys beïnvloed. Alhoewel daar goeie Rosé in die mark is, word die prys steeds belemmer deur vooroordeelde idees en verwagtinge. Luister maar fyn by meeste proe byeenkomste – hoewel ʼn goeie Rosé beloon word, word die “…vir ʼn Rosé”-frase meestal agterna gevoeg. Die mark wil hê wat die mark wil hê, so is dit nie dalk tyd dat ons die kwaliteit gee wat daar sonder twyfel kan wees nie.

Video: Bernard le Roux verduidelik Rosé se groeiende populariteit.

Entries RSS Comments RSS Log in