Wat koop mens vir klein Etienne?

Celebrations, Out and About, Uncategorized 6 Comments »

deur Edo Heyns

Vir iemand wat hou van visvang én wyndrink, is ek nogal ongeduldig. As dit kom by die laasgenoemde, belowe ek gereeld myself dat ek ’n paar bottels gaan verouder, net om dieselfde naweek die leë bottels te herwin.

Daar is egter iemand wat my gaan druk om wel ’n bottel te verouder. Nie sommer net vir ’n jaar of wat nie, maar vir ’n volle 21 jaar. Sy naam is Etienne Lötter, my suster se seuntjie vir wie ek nou al ’n bottel wyn wil koop om sy mondigwording te vier.

Soos wat klein Etienne meer karakter gaan ontwikkel oor die jare heen, moet die bottel ook groei in sy eiesoortigheid. Nie elke Suid-Afrikaanse wyn kan hierdie lang pad stap nie en ek staan nou voor die keuse van ’n handjievol spesiale wyne om uit te kies. Watter bottel gaan ek en mondige Etienne in 2032 oopmaak?

 

 

My kortlys is as volg:

Mullineux Straw Wine

Hierdie wyn het in ’n kort tydperk van vier jaar naamgemaak as die top voorbeeld van dié styl in Suid-Afrika. Aangesien die eerste oesjaar maar in 2008 gemaak is, is daar nie ou wyne wat ’n aanduiding kan gee van hoe die wyn gaan verouder nie, maar al die regte tekens is reeds daar: balans, jeugdige elegansie en ’n wynmaker paartjie wat regtig weet waarvan hulle praat!

De Wetshof Bateleur Chardonnay

’n Wyn wat geen bekendstelling nodig het nie. Danie de Wet se hart se punt is jaar na jaar ’n wenner en het ook al ’n paar karaat goud verdien in Veritas se museumklas kompetisie. Ek het verlede jaar die 1992 gedrink en dit was vars en verbasend vrugtig – een van daardie wynervarings wat jou sal bybly. Of al die oesjare hierdie wonderwerk-oomblik sal herhaal, is egter iets wat ek nie binne die volgende twee dekades sal weet nie.

Kanonkop Paul Sauer

Waarskynlik een van slegs ’n handjievol Suid-Afrikaanse rooiwyne wat regtig kan roem op ikoonstatus. Uit my lysie sal hierdie ook die veiligste opsie wees. Dié bekende Bordeaux-styl versnit is jaar na jaar uit die boonste rakke en dit is een van min plaaslike wyne wat ook as ’n belegging beskou kan word (in die onwaarskynlike geval dat Etienne nie ’n wyndrinker gaan word nie).

Op die ou einde sal ek waarskynlik al drie wyne koop en rede vind om fees te vier op sy 16de, 18de en uiteindelik 21ste verjaarsdae, maar hierdie opwindende uitdaging het my weer opnuut laat dink aan die verouderingspotensiaal van ons wyne. Dit sal interessant wees om te hoor wat die lesers sou koop …

 

It’s the WWWeekend!

Reviews, Wines of the week No Comments »

Our wines of the week

 

Silky smooth Shiraz

by Elona Nel

A Monday-night steak braai is always a good idea – especially when the holiday’s memories seem to want to give way under the pressure that the new year brings. So while marinating the meat in Sunday night’s leftover red wine, I decided it was time to dig into my cherished wine collection.

De Meye Shiraz 2006 fitted the bill and with its super soft and velvety texture, it actually reminds of a well-matured Free State steak. The nose is rich and powerful, with herbs, pepper and black fruit, which follows through on the palate. It has a good structure, with a soft, fresh, fruity side to it.

This Stellenbosch winery’s Shiraz vineyards are planted in the western part of the Muldersvlei area. The 2006 harvest season had a very cold preceding winter, with late, but even ripening. And although the grapes are harvested when perfectly ripe, a certain degree of fresh fruit flavours are retained due to a cool westerly wind that sweeps through this south-east facing vineyard.

So what music to pair with a perfectly cooked medium steak and silky smooth Shiraz to complete the Monday night vibes? I prefer some local poetry, in the form of aKing’s words – I find delight in empty days, I take my counsel with wine.

Even though the 2006 is sold out – and drinking beautifully now – the 2009 is available at the tasting room at R78 a bottle.

 

’n Versamelstuk

deur Edo Heyns

Is daar werklik so iets soos ’n ikoniese Suid-Afrikaanse wyn? Hierdie vraag het die afgelope week opgekom tydens ’n vurige gesprek onder ’n handvol wynbedryfsrolspelers en nadese aanhou draai in my kop.

Nou wat presies is ’n ikoniese wyn? Die woord word immers links en regs gegooi op al wat persverklaring of advertensie is en is selfs al bietjie afgewater. In my boekies is die kriteria vir ’n ware ikoon drieledig: Die wyn moet ’n geskiedenis, oftewel track record,  hê van minstens 10 jaar; dit moet plaaslik en buitelandse erkenning geniet en dit moet in volumes beskikbaar wees wat van so aard is dat dit ’n internasionale impak kan maak.

Wyne soos Klein Constantia Vin de Constance, Meerlust Rubicon en Kanonkop Paul Sauer merk die regte boksies af. Dit was ook nie ’n verrassing dat die 2006 Vin de Constance en 2007, sowel as 2008 Paul Sauer onder die IWSC wenners was, wat gister by Grand Roche te proe beskikbaar was nie.

Hoewel dit tussen hierdie drie ’n moeilike besluit was, is die Kanonkop Paul Sauer 2007 my wyn van die week. Met uitstekende verouderingspotensiaal, konstante kwaliteit en ook redelike volumes is hierdie een van die indrukwekkendste produkte wat ons bedryf al opgelewer het. Alhoewel dit reeds deur baie beskou word as ’n ikoon, glo ek hierdie is ’n wyn wat selfs nog meer gaan naam maak en ook ’n paar Bordeaux ikone die stof sal laat byt.

Die 2008-oesjaar is beskikbaar by die proelokaal teen R330.

Big bang at Kanonkop

Launches, Out and About, Sports No Comments »

by Edo Heyns

 

Kanonkop is not one of those wineries that send out a press release every time winemaker Abrie Beeslaar sneezes, but when they do invite the media, it’s done with all canons blazing.

The most recent vintage of the already famed “Black Label” Pinotage – a 2010 stunner – was presented at the Estate last week, along with older vintages of Pinotage, as well as their iconic Paul Sauer blend.

I’m not sure what made the biggest impact – the ceremonial canon blast or the big reds, but the canon shot certainly makes for a more entertaining video, with even a Toyota Fortuner getting a fright!


Johann Krige, co-owner, explained that Kanonkop will not be releasing a 2009 Black Label Pinotage, because the ‘normal’ Pinotage is of such quality that the difference between the two wines was “miniscule”, adding that the Black Label portion was blended into the standard Kanonkop Pinotage.

The 2010 Black Label shows typical Pinotage sweet fruit and balance, even though the wood is still on the prominent side. Only 1 500 bottles are available exclusively from the following outlets at R1 100:

The Wade Bales Wine Society: Wade Bales, www.wadebales.com, 021 794 2151

The Wine Cellar: Roland Peens, www.winecellar.co.za, 021 448 4105

Norman Goodfellows: Richard Fonn, Richard@ngf.co.za, 011 788 4814

My wine of the evening was, however, the not-so-standard Kanonkop Pinotage 2009, which is one of those wines that are best enjoyed if you buy a few bottles and open one every five years. These wines have significant aging potential and the immaculate balance of this specific vintage makes me look forward to my 40th birthday …

 

Entries RSS Comments RSS Log in