The who’s who Leopard’s Leap do

Launches No Comments »

by Edo Heyns

Smiling Chinese businessmen in impeccable suits, politicians and wine glitterati partied the night away at two launches of Leopard’s Leap’s new home outside Franschhoek on Thursday and Friday last week.

Leopard’s Leap seems to be an all or nothing brand. It single-handedly boosted exports to China by almost 75% through a partnership with Yangzhou Perfect, a division of Perfect (China) Co, which will see nearly 2.9 million bottles of wine shipped to China by June 2012. This represents a massive addition to the nearly 3.9 million bottles of South African wine shipped to China in 2010/2011.

The grand launches of the new Liam Tomlin and Leopard’s Leap food and wine experience was an ideal opportunity to host their Asian partners – including a jovial and generous Malaysian bloke, who offered me an island – and other local and international friends and business partners of Leopard’s Leap.

The larney locals included Western Cape Minister of Agriculture, Gerrit van Rensburg, while FW de Klerk was on the Friday night guest-list.

Nine luxurious dishes by Tomlin and his team and top notch entertainment (times two) must have cost an arm and a leg, while the venue itself also signifies a nothing but the best approach.

It takes money to make money though and breakthroughs into less tapped emerging markets by heavyweights like the La Motte-Leopard’s Leap outfit are absolutely critical for the entire wine industry – which explained why Wosa boss, Su Birch, joined in the smiling brigade.

Or perhaps more than one island was promised.

*Watch this space for some red carpet pics.

 

 

 

Wyntoer soos ’n Valie

Out and About, Uncategorized 4 Comments »

Dis anders om ’n wyntoer te doen saam met iemand wat nie elke dag in die wynlande rondry nie. Hulle sien ander dinge raak, vra ander vrae en merk goed op waaraan ons bedorwe Kapenaars reeds gewoond is.

Ek het oor die Desember vakansie in die Boland rondgetoer saam met my gunsteling noordelike stedeling en die geleentheid gehad om die hele proe-ervaring soos ’n toeris te beleef.

’n Ander groot verskil tussen die vakansiegangers se wyntoere en ons locals se retoere verby wynplase oppad na ’n braai, is dat die indruk wat plase op die besoeker maak, waarskynlik sy of haar wynverkope vir daardie hele jaar gaan beïnvloed. En dat die indrukke (goed of sleg) wat gemaak is nie sommer gou weer deur ’n volgende besoek verander gaan word nie.

Hier onder volg die laagtepunt en hoogtepunt van drie dae se kyk, ruik en spoeg (soms).

Hoe om nie ’n proe aan te bied nie

Edo: “Goeiemiddag.”

Die gesig van spog Franschhoek kelder: ”Tasting for two?”

Edo: “Dit gaan goed dankie.”

Die gesig van spog Franschhoek kelder: “Binne of buite?”

Edo: “Binne, dankie.”

Neem plekke in en wag 10 minute.

Die gesig van spog Franschhoek kelder plak ’n wynlys voor ons neer.

“Daar is net vyf wyne oop vandag. Hulle is gemerk op die lys.”

Edo: “Ons is eintlik hier vir die Syrah. Is daar nie ’n moontlikheid dat ons dit kan proe nie?”

Die gesig van spog Franschhoek kelder: “Ongelukkig nie. Ons maak net vyf wyne oop en vandag is die Cab van ons vlagskip-reeks oopgemaak. Ek bring vir julle van ons Krimpvarkie (skuilnaam) Sauvignon Blanc.”

Glase word geskink. Kyk, ruik, spoeg. Wag nog 10 minute.

Die gesig van spog Franschhoek kelder: “Die volgende wyne is van ons Wolfhond (skuilnaam) reeks, ek skink solank die wit.”

Glase word geskink. Kyk, ruik, spoeg. Duik amper die gesig van spog Franschhoek kelder om toe hy verby loop, voordat ons  nog 10 minute
wag.

Edo: “Kan ons moontlik skip tot die Caramel Block (skuilnaam)? Ons is ongelukkig gedruk vir tyd (en geduld).”

Die gesig van spog Franschhoek kelder deel die laaste 10 ml in die bottel op tussen 2 glase.

“Ons maak beperkte voorraad hiervan.”

Edo: “Daar staan op die bottel hoeveel julle maak. Dis nie meer min nie.”

Stilte.

Wag nog 10 minute. Staan op en loop. Nie eers die heilige vlagskip sal nou meer lekker proe nie …

’n Trotse toonbeeld van briljantheid

La Motte was die algehele Suid-Afrikaanse wenner van die Great Wine Capitals (GWC) Best Of Wine Tourism Awards vir 2012 en het om hierdie rede ’n deel uitgemaak van my beplande roete. Dié spogplaas het absoluut bevestig dat dit hierdie toekenning verdien en veral die aandag wat aan fyner besonderhede gegee word, is iets wat ander kelders gerus aan kan aandag gee.

’n Voorbeeld hiervan was ’n varsgebakte broodjie wat saam met die wyne bedien word, eerder as die gebruiklike crackers. Die broodjie was nie ’n botter bom wat jou palet gaan omkrap of die aandag van die wyn sal af trek nie, maar ’n waardevolle toevoeging tot die algehele proe-ervaring.

Ander soortgelyke voorbeelde van spesiale touches is die kwaliteit van die glase waaruit mens proe, asook die netjiese voorkoms en onberispelike etiket van die personeel.

Soos wat mens kan aflei van die bogenoemde laagtepunt, het ek ’n broertjie dood aan proelokaal personeel, wat jou verwelkom deur A) Vir jou te noem dat jy net 5 wyne mag proe of B) dadelik aan te dui hoeveel dit kos om te proe.

Die kêrel wat ons bedien het, ene Janré, het begin deur homself voor te stel en op ’n subtiele en gesellige manier dit duidelik laat oorkom dat hy baie trots is om by La Motte te werk en dit boonop geniet.

Daar is diegene wat reken dat alle studente pas uit ’n naghool gekruip het en net by proelokale werk om skelm te drink, maar ek was self een van hierdie sogenaamde opportunistiese booswigte en geniet oor die algemeen die lewe wat hulle tot ’n proelokaal bydra.

By La Motte was die meeste van die proelokaal span op die oog af studente en mens kon hulle regtig almal deur ’n ring trek. Janré se beskrywings van die wyne was ’n goeie balans tussen dit wat hy van die proenotas af memoriseer en ’n oorspronklike bydrae, wat sy persoonlike mening van die wyn asook algemene terugvoer wat hy van besoekers ontvang, insluit.

Ek erken dat ek miskien ’n handvol kan wees as ’n kliënt – nie almal het drie glase nodig om die verskillende Shiraz-wyne en -versnitte te
vergelyk nie – maar by la Motte was hierdie versoeke gemaklik nagekom, sonder om dit te laat blyk asof hulle my ’n reuse guns doen.

Vir sulke goeie diens sal min mense kla oor ’n fooi van R30 en as jy wyn koop word hierdie ook gelas. (Hierdie slinkse opportunis het dus ’n bottel Sauvignon Blanc gekoop teen R60 om ons proefooi uit te skakel …) Al die wyne behalwe die Hanneli R, wat R807 kos, is beskikbaar om te proe en dit sluit ook die vlagskip Pierneef-reeks in.

Mens kan nie anders as om by La Motte weg te stap as ’n ambassadeur van dié plaas nie. Dit is duidelik dat daar heelwat geld spandeer is om die wêreldklas fasiliteite op te rig, maar die waarde van kliënte-ervarings moet ook nie onderskat word nie.

Pinot Noir se skelmpie

Uncategorized 2 Comments »

Tassenberg Kombuis

Tassenberg Kombuis

Wat het Tassenberg en Boekenhoutskloof se The Chocolate Block in gemeen? Wel, op die oog af nie veel nie… Tassies word geassosieer met Stellenbosch studente, styrofoam glase en Koos Kombuis toe hy nog “Johnny is nie dood nie” gesing het – voor die vrou en kinders in die prentjie gekom het … The Chocolate Block, aan die ander kant, het ‘n veel meer stylvolle beeld – ‘n Franschhoekse suksesstorie wat nie soos sjokolade proe nie en ook nie van een blok af kom nie, maar wyndrinkers regoor die wêreld bederf met weelderige elegansie.

En hier kom die antwoord: albei bevat ‘n beduidende hoeveelheid Cinsaut. Ja, as dít nie hierdie arm-mans Shiraz se veelsydigheid bewys nie, gaan ek maar oorslaan na harde hout. Gelukkig het die aanvraag na dié ou bosstokke begin optel voordat alles uitgepluk is om plek te maak vir nóg Sauvignon Blanc.

Die kultivar se geskiedkundige rol in Suid-Afrika moet ook nie uit die weg geruim word nie. As die minder gesiene ouer van Pinotage (saam met die edele Pinot Noir), het Cinsaut (ook genoem Cinsault en Hermitage) diep spore in die bedryf gestap.

Daar is nou ‘n handjie vol wynmakers wat die unieke rol wat Cinsaut in veral versnitte kan speel, ontdek en aangegryp het – veral met die groot aantal ou blok-diamante wat nog wag om ontdek te raak.

Marc Kent van Boekenhoutskloof noem dit die nuwe Chenin Blanc – wat ook eers onlangs weer ‘herontdek’ is – alhoewel jy nooit ‘n korrel Chenin in sy kelder sal vind nie … “Die feit dat ek dit in nuwe hout sit, bewys my vertroue in die kultivar – veral die Cinsaut van die Wellington-omgewing is fantasties,” vertel Marc.

Cinsaut produseer groot korrels en groot trosse – en baie daarvan. Dis juis om hierdie rede wat heelwat van die druifsoort vroeër jare in Suid-Afrika aangeplant is. Dit produseer egter dun wyne met swak kleur as die groot opbrengste nie in toom gehou word nie.

La Motte wynmaker Edmund Terblanche vertel dat hy in 2005 vir die eerste keer die produksie van ‘n gedeelte van ‘n Cinsaut-blok in die Paarl aangekoop het. “Dis wanneer die druiwe effens langer hang, wat mens regtig iets interessant daarmee kan doen,” vertel hy.

Edmund sien Cinsaut se rol veral as ‘n versagtende versnydingskomponent. “Deur net ‘n fraksie Cinsaut by ernstige versnitte te voeg, kan groot bulky wyne meer elegant en drinkbaar gemaak word.”

Hy het intussen ook met druiwe van Wellington en meer onlangs Elandsbaai gewerk en vertel dat Cinsaut met genoeg sonblootstelling ‘n karakter toon wat soortgelyk is aan dié van Sangiovese.

Planne om Cinsaut op La Motte aan te plant, spreek boekdele, terwyl Marc nie die enigste een is wat dié wyn in nuwe houtvate verouder nie: “As jy bereid is om te probeer, kan jy selfs jouself verras – ek sal so ver gaan om dit in nuwe Franse hout te sit,” sluit Edmund, wat dié druifsoort voorts as ‘n bousteen van La Motte se Pierneef Shriraz Grenache gaan gebruik, aan.

Suid-Afrika het oor die jare as ‘n swartskaap die wêreld aangenaam verras en daar is geen rede hoekom ons eie wynbedryf-swartskaap nie dieselfde kan doen nie. Soos wat Edmund sê: “Dis nou iets waarmee ons ‘n merk kan maak.”

   

 

     

 

 

 

Entries RSS Comments RSS Log in