Seriously classy onionskin tipples

Out and About, Reviews, Trends No Comments »

by Edo Heyns

Fun, fruity, easy-drinking, pink, playful and all too often – sweet. These are all common characteristics of rosé in South Africa, but should this category perhaps be taken more seriously? A drop in packaged rosé exports of more than 40% suggests that it’s not the easiest sell anymore, while a Domaines Ott food and wine pairing at Aubergine last night confirmed that there’s a lot more to rosé than simple strawberry fruitiness.

It’s no wonder that Provence is the world’s rosé capital: the terroir and varieties planted are well-suited for this dry style, while thousands of tourists are more than willing to drink it up. Provence rosé is hip in the US as well and 2011 saw exports to this growing market increase by 26%.

The South African market also seems to have a thirst for more serious rosés and Reciprocal’s Micheal Fridjhon, who imports these wines, said that while the market for rosé used to be dead, the demand has increased in recent years.

The two rosés that were served nicely portrayed the diversity that this style has to offer. Elegant and refined, the Château De Selle Côtes de Provence 2010 – served with tomato consommé with scallop mousseline – showed hints of berries, grapefruit and subtle spice. It’s made from Cabernet Sauvignon, Grenache and Cinsault, with the former adding zippy freshness, as it also often does in South African examples.

My favourite wine of the evening was, however, the Château Romassan Bandol Rosé 2010 – a fleshy blend of Mourvèdre, Grenache and Cinsault, which was gutsily paired with rabbit loin medallions, pomegranate butter braised turnips, sweatbread and salpicon, potato soufflé.

And there’s very good reason why this dish is such a complex combination: the wine is anything but simple. It was wood matured for 6-8 months and combines somewhat exotic aromatics with dry freshness and a broad and supple mouth feel.

Both rosés boast an elegant, non-flashy onion skin colour and as the vintages suggest, weren’t necessarily made to be drunk as soon as possible. Similarly, the grapes were produced for the purpose of making rosé and the wine wasn’t just a means of manipulating the skin-juice ratio of another red wine product.

The Château De Selle Côtes de Provence 2010 is available at R275 per bottle from Reciprocal Wine Trading Co, but I’d recommend digging a bit deeper and opting for the Château Romassan Bandol Rosé 2010 at R295.

Rosé-revolusie

Wine Styles No Comments »

deur Elona Nel

Sekerlik een van die meer innoverende wynstyle, met aansienlike verbetering oor die afgelope jare, is die pienk nommers – Rosé en Blanc de Noir. Hoewel die styl ʼn groeiende gevolg het, veral onder die skoner geslag, is daar steeds ʼn paar blywende puriste wat dit as ʼn arm-mans drankie beskou. Die pryse van hierdie wyne is meestal ook relatief laag, juis as gevolg van dié pienk-stigma.

Tydens ʼn onlangse WynLand Nuwewyn proe is die Lemberg Syrah Blanc de Noir 2011 teenoor die Rhebokskloof Viognier/Shiraz Rosé 2011 geproe. Die style is wêrelde apart: die Lemberg se bessie geure is meer teruggetrokke en beheers, terwyl die 98% Viognier-versnit van Rhebokskloof ʼn vrugteslaai van perskes en appelkose, kompleet met die tipiese aromaties blomgeure, na vore bring.


YouTube DirektEdit this video

Dit is ook nie ongewoon vir sommige pienk wyne om tyd in hout vate te spandeer nie – Solms-Delta se Lekkerwijn word vir ses maande in ouer vate verouder en is maar een van vyf droë Rosés wat vier sterre in die 2011 Platter’s ontvang het. Teen R67 ʼn bottel, is dit ook werklik ʼn winskoop. Nét so verkoop die Lemberg teen R50 en die Rhebokskloof teen R62.

Hierdie styl wyne is beslis een van die onderskatte van die bedryf en alhoewel die verbruikers reeds die lekker daarvan besef het, is dit nie hoogtyd dat die sogenaamde kenners ook op die pienk bus klim nie?

Hoeveel sal jy vir Rosé of Blanc de Noir betaal?

  • R30 tot R50 (57%, 4 Votes)
  • Meer as R50 (29%, 2 Votes)
  • Minder as R30 (14%, 1 Votes)

Total Voters: 7

Loading ... Loading ...

Pienk, pienker … neon?

Trends No Comments »

deur Elona Nel

“We don’t drink pink drinks,” is lankal by die deur uit en die groeiende populariteit van Rosé-wyne bied ʼn alternatiewe uitkomste vir beide verbruikers en produsente. Hierdie pienk nommers ontpop om elke hoek en draai en tydens ons Nuwewyn proe gister blyk dit al hoe duideliker dat hierdie wyne se name ook net so vreemd raak soos die Hollywood-sterre se kroos.

Die naam onder bespreking is Slaley se ligte, prettige reeks genaamd Lindsay’s Whimsy, wat uit ʼn Kaapse-vernit en Rosé bestaan. Hierdie 2010 Rosé is gemaak van Shiraz en het ʼn vreemde koperagtige pienk kleur wat op die neus beaam word deur effense oksidatiewe geure. Hoewel daar ook bessie en Turkse lekker geure waargeneem kan word, is die wyn taamlik een dimensioneel en flabby.

Dit is wel in ʼn eiesoortige styl gemaak, maar die kwessie van kleur is nie uniek aan hierdie wyn nie. Tydens ʼn vorige proe was die glimmende diep-pienk kleur van Durbanville Hills se nuwe Merlot Rosé onder die hamer. Bernard le Roux van Noble Hill beskryf die stoplig-rooi kleur van hierdie wyn:

Video: Durbanville Hills se \”rave-pienk\” Rosé

Een van die beter weergawes van dié wyne, maar met ʼn kleur wat deur Platter’s se proeër as “Disney pink” beskryf word, is die Rickety Bridge 2010. Kleur is egter iets wat nie noodwendig beheer kan word nie en met die sterk winde wat aan die einde van 2009 ervaar is, het vele van die 2010 pink ladies ʼn dieper kleur as gevolg van druiwe korrels met dikker doppe.

Hoewel Rosé baie maal as ʼn partytjie-wyn beskou word (en soms tereg so, as daar na die soeter, rooi-koeldrank weergawes gekyk word), is daar wel ʼn toenemende hoeveelheid ernstiger, droë en interessante opsies wat steeds baie bekostigbaar is –  Diemersdal, De Meye, De Grendel en Solms Delta se Lekkerwijn is almal goeie voorbeelde.

ʼn Ander uniekheid en onderskeidende faktor in ʼn mark met groeiende kompetisie wêreldwyd, is die keuse van kultivar. Shiraz, Merlot, Pinotage en Cabernet Sauvignon, sowel as ʼn verskeidenheid kombinasies, is baie gewilde, dog effe voorspelbare keuses. Ander kombinasies soos die Meditereense-trio van Grenache, Mourvèdre en Viognier word ook soms suksesvol saam gebruik. Menigte male word wit kultivar wyne in die versnitte gebruik, onder meer Sauvignon Blanc, Chenin Blanc en Viognier.

Om te hout, of nie te hout nie is ʼn verdere vraagstuk, waar dit per slot van rekening natuurlik weer die wyn se prys beïnvloed. Alhoewel daar goeie Rosé in die mark is, word die prys steeds belemmer deur vooroordeelde idees en verwagtinge. Luister maar fyn by meeste proe byeenkomste – hoewel ʼn goeie Rosé beloon word, word die “…vir ʼn Rosé”-frase meestal agterna gevoeg. Die mark wil hê wat die mark wil hê, so is dit nie dalk tyd dat ons die kwaliteit gee wat daar sonder twyfel kan wees nie.

Video: Bernard le Roux verduidelik Rosé se groeiende populariteit.

Entries RSS Comments RSS Log in