Vakante betrekking: plaasvoorman gesoek

by | Mar 26, 2020 | Article, News

‘n Maatskappy in the wynbedryf beskik oor ‘n vakante pos vir ‘n plaasvoorman.

Die maatskappy besit ʼn 60 hekaar wynplaas in die Klein Drakenstein, Paarl omgewing, wat ongeveer 550 ton druiwe verskaf aan n bekende koöperatiewe kelder. Die plaas produseer ook sy eie wyn op die perseel met behulp van ʼn eksterne wynmaker. Die wynplaas word sedert 1984 bestuur deur die algemene bestuurder wat naby aan aftrede is. Die maatskappy benodig n persoon met die vermoë om van voorman tot algemene bestuurder te ontwikkel. Die verwagting is dat die suksesvolle kandidaat sal oorneem sodra hy of sy die nodige bekwaamhede en bevoegdhede kan demonstreer, en suksesvol kan toepas.

Alle aansoeke moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • Afrikaanssprekende persoon tussen die ouderdom van 27 en 40 jaar oud;
  • Minimum 5 jaar ondervinding in wingerdboerdery;
  • Ondervinding in wynproduseering sal ʼn aanwins wees;
  • Formele en toepaslike naskoolse erkende kwalifikasie in landbou is ʼn vereiste;
  • Aansoekers moet in die Boland of aangrensende gebiede woonagtig wees; en
  • Rekenaarkundig wees;

Net ʼn eerlike, hardwerkende persoon met nugter gewoontes en uitstaande integriteit, wat voldoen aan bogenoemde vereistes, sal oorweeg word.

Die maatskappy voorsien die volgende voordele:

  • Toepaslike salaris
  • Voertuig en brandstof (diesel)
  • Selfoon en skootrekenaar

Stuur asseblief ‘n volledige curriculum vitae, met opgedateerde foto, na: fanies@mocke.net voor 30 April 2020.

Article Archives

Search for more articles

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content

Stay current with our monthly editions

Shopping Cart
There are no products in the cart!
Continue Shopping
0