Die bekende Britse wyntydskrif, Decanter, het in die Augustus-uitgawe ‘n artikel gehad oor 40 dinge wat elke wynliefhebber moet doen. Hoewel party van die voorstelle soos “Pick up fossels in a Chablis Grand Cru vineyard” of “Kangaroo-spotting in the Hunter Valley” vir ons aan die suidelike punt van Afrika ‘n raps buitensporig is, kan ons ‘n interessante Suid-Afrikaanse swaai aan meeste van die voorstelle gee.

Om wyn direk by die kelderdeur te koop (nr. 24) is vir heelwat Bolanders so gewoon soos om brood te koop by Spar, maar ander idees soos “Make love in a vineyard” (nr. 5) kan jou gedagtes nogal laat waai, terwyl ander waarhede soos “Learn to decant” (nr. 1) en “Drink your best bottles” (nr. 40) universeel van toepassing is. Ek moet bieg, ek het al by ‘n hele paar prentjiemooi wingerde aan nr 5 gedink (let wel, net gedink…). Hier is Neethlingshof se uitkykpunt, Kanonkop se nuwe koppie-lapa en ‘n sekere Pinot Noir-blok by Muratie heel bo aan my lys!

Decanter stel ook voor dat jy wyn drink wat gemaak word van wingerde wat ouer is as jy (nr 35). Vir my is dit gelukkig nog nie eers ‘n groot uitdaging nie… Ek het immers nou die dag ‘n bottel Alto Cabernet saam met Hempies du Toit gedrink wat 20 jaar ouer is as ek! Nog een van die aktiwiteite wat ek op die lysie kan afmerk, is om druiwe te eet in ‘n bekende wingerd (nr 16). Tydens my pars by Steenberg in 2007 kon ek blameer word vir ‘n laer Sauvignon Blanc Reserve oes, soos wat ek druiwe in blok 28 gesample het!

Hoewel nie almal die voorreg het om druiwe te gaan trap in Porto (nr 21)  nie, MOET alle ernstige wynliefhebbers op een of ander stadium druiwe trap. Amper elke wynfees wat naastenby rondom pars plaasvind, bied hierdie lawwigheid aan.

Gepraat van lawwighede – die fliek Sideways was die motivering vir nr 7: “Drink first growth from a plastic cup with take-aways.” Die naaste wat ek hieraan gekom het, was om Paul Sauer 2005 uit ‘n blikbeker te drink saam met braaivleis (jammer Abrie) en dit proe steeds net so lekker!

So, het jy al ooit aan nr 5 gedink Waar En indien nie, wat is jou Suid Afrikaanse wyn bucket list Laat my weet!

Mens het nog nie druiwe gepars, voordat jy dit met die hand gedoen het nie!

Mens het nog nie druiwe gepars, voordat jy dit met die hand gedoen het nie!

You may like to read these:

Go Back
Shares