Vakante betrekking: plaasvoorman gesoek
‘n Maatskappy in the wynbedryf beskik oor ‘n vakante pos vir ‘n plaasvoorman.
· 1 min read

Die maatskappy besit ʼn 60 hekaar wynplaas in die Klein Drakenstein, Paarl omgewing, wat ongeveer 550 ton druiwe verskaf aan n bekende koöperatiewe kelder. Die plaas produseer ook sy eie wyn op die perseel met behulp van ʼn eksterne wynmaker. Die wynplaas word sedert 1984 bestuur deur die algemene bestuurder wat naby aan aftrede is. Die maatskappy benodig n persoon met die vermoë om van voorman tot algemene bestuurder te ontwikkel. Die verwagting is dat die suksesvolle kandidaat sal oorneem sodra hy of sy die nodige bekwaamhede en bevoegdhede kan demonstreer, en suksesvol kan toepas.
Alle aansoeke moet aan die volgende vereistes voldoen:
- Afrikaanssprekende persoon tussen die ouderdom van 27 en 40 jaar oud;
- Minimum 5 jaar ondervinding in wingerdboerdery;
- Ondervinding in wynproduseering sal ʼn aanwins wees;
- Formele en toepaslike naskoolse erkende kwalifikasie in landbou is ʼn vereiste;
- Aansoekers moet in die Boland of aangrensende gebiede woonagtig wees; en
- Rekenaarkundig wees;
Net ʼn eerlike, hardwerkende persoon met nugter gewoontes en uitstaande integriteit, wat voldoen aan bogenoemde vereistes, sal oorweeg word.
Die maatskappy voorsien die volgende voordele:
- Toepaslike salaris
- Voertuig en brandstof (diesel)
- Selfoon en skootrekenaar
Stuur asseblief ‘n volledige curriculum vitae, met opgedateerde foto, na: [email protected] voor 30 April 2020.
More from
Vineyard, cellar and production

Die plesier van ’n nuwe kelder
Hendrien Vercueil het altyd van haar eie kelder gedroom. Teen die einde van 2023 het die geleentheid hom eindelik voorgedoen en sy het ’n stuk grond buite Citrusdal bekom – kompleet met ’n mooi ou plaashuis op.
