Impak van beurtkrag met landbouleiers bespreek
Menige landbouleiers het vanoggend met die minister van landbou, Thoko Didiza, aanlyn vergader waar die impak van beurtkrag op die landbousektor geopper is.
· 1 min read

13 Januarie 2023 - Menige landbouleiers het vanoggend met die minister van landbou, Thoko Didiza, aanlyn vergader waar die impak van beurtkrag op die landbousektor geopper is.
Opdrag is deur Didiza gegee om ʼn taakspan op die been te bring waar kenners met die nodige tegniese vaardighede die dringendste kwessies kan formuleer en uiteensit sodat dit verder deur die minister gedryf kan word.
Didiza het kennis geneem van die landbousektor se pleidooi, en het onderneem om dit op nasionale vlak te dryf.
Ons bedank ook graag Agri SA wat georganiseerde landbou binne hierdie taakspan sal verteenwoordig.
Daar is tans menige uitdagings wat die landbousektor in die gesig staar, maar AWK glo dat georganiseerde landbou op provinsiale en nasionale vlak dit saam kan aanpak.
More from
Markets, business and trade

Pieter Badenhorst oor die krag van klein handelsmerke
Pieter Badenhorst was vir 12 jaar die hoofwynmaker by die Bergkelder jare wynmaker by Nederburg. In 2023 het sy eie konsultasiebesigheid, For the Love of Wine, begin. Hy maak steeds wyn onder Pieter Badenhorst Family Wines.

Hoe die Wyn-trein ’n nuwe dimensie aan wynproe gee
‘n Wynproe hoef nie altyd tussen vier mure plaas te vind nie. Suid-Afrika se Wyn-trein, wat deur New Cape Central Railway bedryf word, bied ’n pret alternatief om wyn te ervaar.

Die datavoordeel: Boere wat meer weet is beter met risikobestuur
Hoekom kan een boerdery makliker deur moeilike tye kom terwyl 'n ander een sukkel? Dit gaan nie noodwendig oor hoe groot die plaas is, watter gewasse verbou word, of hoeveel trekkers in die skuur staan nie. Dit lê in die gehalte van inligting waaroor 'n boer beskik en hoe daardie inligting gebruik…
