Vroue wat ruimte skep
· 24:27
Wat beteken dit om nie net jou eie loopbaan te bou nie, maar ook ruimte vir ander te skep? In hierdie Vrouemaand episode gesels Wanda Augustyn met Marisah Nieuwoudt, South Africa Wine se Toerismebestuurder, en Kachné Ross, Menseontwikkelingsbestuurder, oor die werk wat hulle doen om mense, geleenthede en die Suid Afrikaanse wynbedryf te laat groei. Hulle praat oor wyntoerisme enmenseontwikkeling, hoe die werkplek vir vroue verander het, die dinge wat vroue steeds te min oor hulself glo, en wat hulle hoop die volgende geslag anders sal ervaar. Maar die gesprek raak ook persoonlik: oor moederskap, dogters, sukses, selfrespek en wat dit beteken om vir iemand anders ’n deur oop te maak. ’n Warm, eerlike gesprek oor vroue, werk en die mense wat ’n bedryf van binne af laat groei.
More episodes
View all podcasts




